Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners – Mariëlle Rensen en Hirsh Aronowitz

R120.00

Toestand: Baie goed
Formaat:
A4 Sagteband
Bladsye: 192
Uitgegee: 2014 (Mapstudio)
ISBN: 9781770265219

Out of stock

SKU: OKT375 Categories: , , Tag:

Description

Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners – Mariëlle Rensen en Hirsh Aronowitz

Ons land is groot — ons het ‘n landoppervlakte van net meer as 1,2 miljoen km2, ongeveer so groot soos Frankryk en Spanje saam. Suid-Afrikaners is daarom gewoond om groot afstande te ry net om van A na B te kom (die totale paaienetwerk is 747 000 km). Dink net: as jy skuins oor die land ry, van Kaapstad in die suidweste tot Musina in die verre noorde, lë jy sowat 2 000 km af. Ons doel hier is om reise oor sulke afstande so interessant moontlik te maak.

ln Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners deurkruis 23 roetes van wisselende afstande die hele land, baie van hulle oor nasionale en provinsiale paaie. Daar is baie om in ons nege provinsies te verken, en die wye hemelruim, eindelose vergesigte en ure se sonskyn het van ons ‘n aktiwiteitsoekende buitelugnasie gemaak. Dis waarop diê boek ingestel is. Met elke provinsie wat radikaal verskil wat biome, landskap en klimaat betref, is die aansporing groot om jou reis te onderbreek en langs die pad met die gesin pret te hê. Op ‘n lang reis gaan dit tog nooit net om die bestemming nie.

Die doel van diê boek is nie om net op die groot toeriste-aantreklikhede te fokus waarmee Suid-Afrikaners so bekend is nie, maar om liewer weg te draai van die oorbekende besoekerspaaie, en minder bekende, ongewone aktiwiteite bekend te stel. Van voetslaan, bergfietsry, 4×4-roetes en wildkyk tot voëlkyk, visvang en strandlopery, is diê boek vol nuwe verrassings. Reisigers word ook genooi om meer te verken as die meestal saai hoofstraat wat deur plattelandse dorpies loop. Van koddige padstalle, kleindorpse museums, monumente en stadswandelings tot slagvelde, kultuurterreine en interessante munisipale parke, dit kry jy alles hier. Jy leer dalk nog ‘n paar dinge wat jy nooit van jou land geweet het nie

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners – Mariëlle Rensen en Hirsh Aronowitz”