Memoires – Wilna Snyman

R50.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 179
Uitgegee: 2006 (Hemel & See Boeke)
ISBN: 0620362634

Out of stock

Description

‘n Outobiografie van Wilna Snyman, volledig met foto’s, is ‘n besonderse gebeurtenis vir die teaterpubliek van Suid-Afrika, maar ook nog vir die TV-publiek wat haar die afgelope vier jaar op die kassie in 7de Laan sien as die onverbiddelike Madel Terreblanche. Sy is amper elke aand ‘n gas in hulle woonkamers; hulle ken haar as ‘n persoonlike vriendin en beleef al haar ervarings met haar.

Wilna Snyman het haar oor die afgelope dekades bewys as ‘n formidabele aktrise op die verhoog, op die silwerdoek en ook op die TV-skerm. Sy is veelsydig in die vertolking van karakters en het ook haar merk gemaak as kabaretkunstenaar, as eenman vertolker en spreker by openbare geleenthede.

Wat die publikasie van haar outobiografie nog merkwaardiger maak, is dat dit saamval met haar sewentigste lewensjaar. Ek ken haar al vir soveel jare en die deurlees van haar manuskrip het my aangegryp. Dit is so opreg eerlik. Sy skryf asof sy met jou sit en gesels oor die lief en die leed van haar lewe, asof sy saam met jou deur haar foto-albums met onskatbare juwele uit ons teaterwereld en uit haar persoonlike lewe blaai.  Suid-Afrikaners van uiteenlopende agtergronde sal graag die memoirs wil besit.

– Hannes Horne

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Memoires – Wilna Snyman”