Die Laaste Reis – Karel Schoeman

R160.00

Toestand: Nuut
Formaat:
Hardeband + stofomslag
Bladsye: 47
Uitgegee: 2018 (Protea)
ISBN: 9781485309512

Out of stock

SKU: S033 Categories: , Tags: ,

Description

Die laaste reis is Karel Schoeman se “reisbriewe”, mymeringe, gedagtes en herinneringe van sy laaste drie kort reise na Lesotho saam met Jemina Meko en Mamohau Lekula wat hom die afgelope nege jaar versorg het. Dit behels drie kort verslae oor sy besoeke in die maand voor sy dood en is in die vorm van e-posse aan ’n paar “persoonlike korrespondente” gestuur. Vanselfsprekend staan die tema van afskeid sentraal in die briewe.

Die manuskrip van Die Laaste Reis is op dieselfde dag wat die skrywer oorlede is (1 Mei 2017) aan die uitgewer gestuur.

UIT DIE BOEK

Ek teken hierdie dinge op uit pligsgevoel, as ‘t ware onder dwang; want dit is nie meer vir my vanselfsprekend om te skryf nie, nie meer ‘n vreugde nie, laat staan nog ‘n bevryding, en die woorde kom ook nie meer vanself nie. Maar dit moet nogtans opgeteken word, hierdie laaste besoek, om my vroeëre verslae aan te vul en af te sluit.

Op sommige van die foto’s wat Mamohau in Lesotho so geesdriftig met haar selfoon geneem het, verskyn daar iemand wat ek in ‘n berig aan ‘n korrespondent beskryf het as ‘n afgetakelde ou man met wasige blik en verwarde wit hare. Byna het ek op die treetjies van die hotel in Mohaleshoek gekantel en geval.

Dit was die laaste reis.