Worsteljare – Ds. A. J. V. Burger

R280.00

Toestand: Goed. Bietjie skaafverweer op hardeband. Een naam, verder skoon binne en nog goed gebind.
Formaat:
Hardeband sonder stofomslag
Bladsye: 274
Uitgegee: 1936 (Nasionale Pers)
ISBN:

Out of stock

Description

Worsteljare – Ds. A. J. V. Burger
Herinneringe van dominee A. P. Burger, Veldprediker by die Republikeinse Magte tydends die Tweede Vryheidsoorlog

In WORSTEL-JARE vertel Ds. Burger op boeiende wyse die oorlogservarings van sy vader wat as veldprediker saamgetrek het met die kommando’s. Ds. Burger sr. het noukeurige aantekeninge gemaak van al sy ondervindings, en omdat hy so ‘n skerpsinnige waarnemer was, is sy relaas van die krygsbedrywighede van buitengewone belang.

In die verwerking van die dagboek het die skrywer veral klem gelê op die persoonlike indrukke van sy vader en slegs op saaklike manier verwys na feite wat reeds uit ander bronne bekend is. Daardeur bevat hierdie werk historiese gegewens wat van groot waarde is vir die nageslag. Ons maak die Natalse veldtog mee en kry deur tallose anekdotes ‘n goeie kyk op die oorlogsmentaliteit van die burgers. Ook die guerilla-oorlog, die vlug van vroue en kinders, die konsentrasiekampe, die krygsgevangenskap in Indië en die ontwrigting van die volkslewe na die oorlog word beskrywe.

Die herinneringe aan ons groot stryd begin al hoe meer te vervaag, en by ons jongmense word ‘n groot onkunde daaromtrent aangetref. Hierdie verhaal behoort om sy geskiedkundige en letter-kundige verdienstes deur alle Afrikaners gelees te word.

– (DR.) P. C. SCHOONEES, Voorsitter, Saamwerk-Unie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.