Description
Wilhelmina: Kampkind op Java – Mariël le Roux
Die merkwaardige ware verhaal van Will van Halewijn, haar moeder en twee jonger sussies tydens en net na die Tweede Wêreldoorlog. Will se vader is ‘n skeepsbouer in Roemenië en kort na die uitbreek van die oorlog moet die gesin na Indonesië vlug. Aanvanklik is hulle betreklik veilig op die eiland Java, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vroue in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hulle bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is.
Die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will later haar ervarings aan die skryfster, Mariël le Roux, oorvertel. En wat ‘n meesleurende verhaal het dit nie geword nie: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat ‘n mens jou daarin kan inleef. Dit is voorwaar ‘n boek wat nie maklik neergesit word nie.