Warm Soos die Steppewind Deel 1 – Konsalik

R55.00

Toestand: Goed. Ouderdomsverkleuring. Boekwinkelstempel op skutblad.
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 175
Uitgegee: 1972 (Tafelberg)
ISBN: 0624002594

Out of stock

SKU: N959 Categories: , Tags: ,

Description

Warm Soos die Steppewind Deel 1 – Konsalik

„Hy lê agter ‘n grafsteen waarop in goue letters geskryf staan: ,God het jou lief’. Die aarde bewe onder hom. Uit skone angs byt hy in die stinkende grond vas. Hy sien grysbruin gestaltes tussen die grafstene deurhardloop.”

So begin die dramatiese lewensverhaal van ‘n sewejarige Duitse seuntjie wat alleen staan te midde van ‘n Russiese bomaanval. So word hy ook aangetref deur Anton Pjetkin van die Russiese leër, en so begin sy lewe as die aangenome kind van ‘n Russiese kaptein. lgor (soos hy nou genoem word) word na Komorof se weeshuis gestuur en hier maak hy kennis met die harde lewe van die oorlogsweeskinders. Gebrei deur die bifferheid en die indoktrinasie van die Rooi Leër, word lgor ‘n ware kind van Stalin se Rusland.

Sy studentejare in Kisjinef maak ‘n skerp indruk op hom — hy ontmoet Marko, die monsteragtige dwerg, wat sy getroue vriend en volgeling word. Hy ontmoet ook sy eerste liefde net om haar weer te verloor. Sy moeder sterf — indirek as gevolg van die onverantwoordelikheid van die staatsamptenare. Wanneer hy, na die voltooiing van sy studies, uitgeplaas word na ‘n helkamp in Siberië, wag daar ‘n nuwe lewe op hom.