Verskroeide Aarde – Fransjohan Pretorius (Redakteur)

R420.00

Toestand: Soos nuut
Formaat:
Hardeband
Bladsye: 292
Uitgegee: 2001 Eerste uitgawe (H&R)
ISBN: 9780798141918

1 in stock

Description

Teen die einde van 1900 was albei Boere-republieke feitlik verslaan. Pretoria en Bloemfontein was in Britse hande. Vir alle praktiese doeleindes het dit gelyk of die Anglo-Boereoorlog verby was. Die guerrilla-taktiek van die Boerekrygers het egter gesorg dat dit lank nie die geval was nie. Lord Kitchener moes inderhaas sv voorganger, lord Roberts, se verskroeide aarde-beleid kragdadiger voortsit om die Boere tot oorgawe te dwing — ‘n beleid wat tot die instelling van die konsentrasiekampe gelei het en daardeur tot die dood van derduisende onskuldige bejaardes, vroue en kinders, wit sowel as swart.

Die militêre doelwit van Kitchener se beleid, om die Boere gou tot oorgawe te dwing, is nie verwesenlik nie. Kitchener self het agterna verklaar dat die buitengewoon hoë sterftesyfer in die konsentrasiekampe ‘n beletsel was op sy hele kampanje.

Verskroeide Aarde neem die beleid van Roberts en Kitchener en die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog onder die loep. In samehang met die gelyknamige TV-dokumenter van Herman Binge gee prof. Pretorius en ‘n groep geskiedkundiges ‘n aangrypdende en diep-reikende beeld van die kampe wat so ‘n verdelende invloed gehad het op die verdere verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Teen die einde van die oorlog was daar 34 konsentrasiekampe vir die Boere se bejaardes, vroue en kinders. Daar was altesame 110 000 gevangenes in dié kam-pe. Daarnaas was daar 60 Britse kampe waarin 115 000 swartes gehou is. Die sterftesyfer in hierdie kampe was minstens 14 000. Altesame 27 927 Boere is in die konsentrasiekampe dood, waarvan 22 000 onder die ouderdom van sestien. Verskroeide Aarde wil die agtergrond tot hierdie kampe skets en aan die hand van historiese dokumentasie ‘n helder beeld gee van die lewe in die konsentrasiekampe. Dit bevat fotomateriaal waarvan heelwat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Hierdie boek is onmisbaar vir ‘n begrip van die trauma van die kampe — asook die voortslepende bitterheid wat dit ontketen het by geslagte Suid-Afrikaners daarna.