Veldgids tot die Skoenlappers van Suider-Afrika – Ivor Migdoll

R80.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 256
Uitgegee: 1988 (Struik)
ISBN: 0869775576

1 in stock

SKU: Q745 Categories: , , Tags: ,

Description

Veldgids tot die Skoenlappers van Suider-Afrika – Ivor Migdoll

In Ivor Migdoll se Veldgids tot die Skoenlappers van Suider-Afrika is meer as 620 volkleurfoto’s geselekteer om die kenmerkende eienskappe van 232 van die spesies te illustreer wat ons meer algemeen teëkom. Dit sluit foto’s van larwes, papies en larvale gasheerplante in, asook van volwasse skoenlappermannetjies en -wyfies.

By die samestelling van die teks is verskeie deskundiges geraadpleeg. Elke spesiebeskrywing word vergesel van ‘n kaart wat die skoenlapper se ver-meende verspreiding in Suider-Afrika aandui en, waar bekend, word die voedselplante van die larwes ook aangegee. Afrikaanse, Engelse en weten-skaplike name word verstrek en die boek bevat ‘n uitgebreide inleidende af-deling oor die anatomie van skoenlappers, lewensloop-strategieë en no-menIdatuur, asook ‘n ABC van skoenlapperversameling, teling in gevangeskap en die versorging van versamelings.

Oor bewaring word streng standpunt ingeneem.

Die skrywer en fotograaf, Ivor Migdoll, is in Kenia gebore en het daar grootgeword. Tydens skoolvakansies het hy aan die kus van Oos-Afrika, met sy rykdom aan skoenlappers, ‘n bewondering vir hierdie insekte gekweek. Sy belangstelling as skoolseun het gou ‘n ernstige stokperdjie geword en nadat hy hom in 1964 by sy vader se safari-saak aangesluit het, kon hy sy soektog na skoen-lappers oral in Oos-Afrika voortsit. Hy het in 1971 na Suid-Afrika gekom en woon nou in Durban. Oor meer as 16 jaar het hy reeds meer as 300 000 km met sy kamera en skoenlappernet afgelê op sy ontdekkingsreis agter skoenlappers aan.