Description
Vat ‘n Gap – Jana du Plessis
Vars nuwe chick-lit in Afrikaans, met die Londense gap-jaar as tema.
In Londen sal sy alles kan ontvlug, glo rykmansdogter Jaz. Veral die goed wat sy wil vergeet. Fashion is haar ding – beslis nié skottelgoedwas in loodgrys lug nie. Boonop is haar woonstelmaats nie juis waaraan sy gewoond is nie. Die flambojante Kaapse Frank staan reg om haar werk te help kry, maar sal sy wat Jaz is nou waitress speel?
En Annika is alte preuts – sy nooi Jaz dan glad saam na haar selgroepie! Maar dit lyk nie of die fabulous werk in fashion gaan gebeur nie. Kinders oppas? Jaz moet dit maar ’n go gee, en die liewe klein Lily wat sy só ontmoet is deel van Jaz se ontwaking tot wie sy eintlik wil wees.
Haar gap-jaar word ’n tyd van leer wat sy wil doen met haar lewe, leer om op haar eie voete te staan – al is dit gillend en skreeuend – en uiteindelik ook leer wat ’n mens aan ander mense het – allerlei soorte ander mense, ook die sexy Brendan.
Reviews
There are no reviews yet.