Uit die Veldapteek – Betsie Rood

R120.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Hardeband
Uitgegee: 1994 (Tafelberg)
Bladsye: 115
ISBN: 9780624033189

1 in stock

SKU: A270 Categories: , , Tags: , ,

Description

Uit die Veldapteek – Betsie Rood

“Vir die mens wat na aan die aarde geleef het, was veldgeneesmiddels – net soos die `huisapteek’ of volksmedisynetrommeltjie – ‘n gerusstellende teenwoordigheid en staatmaker.”

Navorser-skrywer Betsie Rood het die plek en rol van honderde plantspesies in die volksgeneeskunde moeite- en deernisvol nagespeur en georden. Afgesien daarvan dat sy elke spesie binne sy botaniese en streekverband identifiseer, verstrek sy nie slegs die heerlik beskrywende volksname nie, maar kom daar ook ‘n inventaris tot stand van die heerskare siektetoestande en aandoenings wat die lewensmetgeselle van die brose menseskepsel op sy weg deur die wêreld was en steeds is.

“Tot Uit die Veldapteek het talle kundige en toegewyde medewerkers ‘n bydrae gelewer. Dit laat die lig nie net val op die omgewingsgebonde leefwyse van homo sapiens in ons suidland nie, maar verwoord ook ‘n pleidooi vir die evaluering, bestudering en bewaring van ons volksgeneeskundige natuurerfenis.

“Vir dié voorligting en inspirasie is alle bodemgebonde landgenote Betsie diepe en blywende dank en erkentlikheid verskuldig.” (Uit die Voorwoord deur prof. Bun Booyens.)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Uit die Veldapteek – Betsie Rood”