Description
Tarzan Keer Terug – Edgar Rice Burroughs
**Perskor se Eerste Uitgawe 1976**
ln hierdie volume kan die leser opnuut meeleef met die avonture van die Koning van die Ape. Die skrywer se doek is wyd. Ons volg die Aapman in sy aksievolle loopbaan as ledige Franse heer, geheime agent, koning van ‘n barbaarse inboorlingstam, leier van die groot bulape en skrik van die verlore stad van Opar. Internasionale komplotte en woeste veldslae en tweegevegte hou die aandag soos min ander boeke kan; maar daar is ook die teder oomblikke wanneer ‘n fyn liefdesverhouding tot rypheid ontwikkel.
Aksie is volop: spioene, boewe, Arabiese struikrowers, slawehandelaars, die wilde diere van die woud, die skrikwekkende aapmense van Opar – niemand ontkom aan Tarzan se magtige spiere en geregtigheidsin nie. En aan intrige ont-breek dit ook nie: die vele drade wat die aksie aanmekaar bind, word op drie kontinente geweef.
Ja, die legendariese skepping van Edgar Rice-Burroughs is weer hier om sy duisende bewonderaars terug te voer na die land van die groot ape. En vir diegene wat die Koning van die Ape alleen uit strokiesprente ken, sal die kennismaking met die Aapman in sy oorspronkiike gedaante ‘n onvergeetlike ervaring wees.