Swerwersprokies – P. J. Schoeman

R50.00

Condition: Goed
Format: Hardeband met stofomslag
Published: 1984 (Perskor)
Pages: 116
ISBN: 0628025815

1 in stock

SKU: B314 Categories: , Tags: ,

Description

Swerwersprokies – P. J. Schoeman

Swerwersprokies is ‘n versameling van die mooiste “sprokie-stories” uit die Boesman se volksletterkunde wat gedurende die vroeë jare vyftig deur twee Boesman-tolke, verteenwoordigend van die Kung-en die Heikum-boesman, aan die skrywer vertel is.

Deur sy intensiewe navorsing en sy meelewing met die Boesman, gee Schoeman die leser ‘n verrassende nuwe insig in dié swerwersvolkie oor wie daar eintlik maar min bekend is – en in Swerwersprokies word dit duidelik dat die Boesman, by wie oorlewing noodgedwonge eerste prioriteit geniet, in werklikheid sensitief, geestelik ryk en “miskien net so beskaafd soos die beskaafde volkere” is.

Juis in die lig daarvan dat die Boesman haas aan die uitsterf is en in ‘n toenemende mate aan verwestering blootgestel word, is diê sprokies soos aangeteken uit die mond van nog rasegte Boesmans, van groot waarde vir die Afrikaanse letterkunde en die Suid-Afrikaanse kultuurskat.

Hoewel sprokies tradisioneel aan kinders vertel word, is die spesifieke eienskap van die Boesmansprokie juis dat dit stories is wat ook “kortpad sal vat na die harte van grootmense”. Daarom sal Swerwersprokies eweneens deur kinders en volwassenes geniet word.