Suikervry – Karen Thomson & Kerry Hammerton

R60.00

Toestand: Goed
Formaat:
Sagteband
Bladsye: 224
Uitgegee: 2015 (H&R)
ISBN: 9781920289850

1 in stock

Description

Suikervry – Karen Thomson & Kerry Hammerton

Suikervry is propvol wetenskaplike navorsing en voedingsadvies om jou te help om suiker- en koolhidraatverslawing te verstaan. Dit bevat weeklikse maaltydplanne en resepte wat deur ‘n dieetkundige goedgekeur is, en sluit opsies vir vegetariërs in, asook dagboekoefeninge om jou te help om die denkpatrone, en die fisieke en emosionele kettings van ou eetpatrone, te breek.

Jy hou die antwoord op ‘n volhoubare suikervrye lewenstyl in jou hande. Met hierdie eenvoudige en doeltreffende agtweekprogram om suiker uit te sny, kan jy en jou gesin die gesondheidsvoordele van verhoogde energievlakke en gewigsverlies geniet.

Die skrywers Karen Thomson en Kerry Hammerton, wat albei gerehabiliteerde suiker- en koolhidraatverslaafdes is, verstaan presies wat jy moet weet om die verslawingsiklus met behulp van hulle begeleide agtweekprogram te breek.