Description
Spore oor die Veld – Boon Boonzaaier
Geagte Ieser
Tussen 1995 en 2006, met Bosveld Treinsafari’s (BTS), het ek opnuut onder die indruk gekom van ‘n ongelooflike spoorweg-erfenis. Dit het letterlik die sub-kontinent ontsluit en daartoe bygedra dat Suid-Afrika tot ‘n ekonomiese reus ontwikkel het.
Meeste van diegene wat gedurende die eerste sestig jaar van die 20ste eeu gebore is, het gewoonlik spoorweg-verbintenis gehad. 1n baie gevalle was die treine die slagaar wat die landbou: nie net om die oes te bemark nie, maar ook om daagliks die melkkanne op te laai of selfs om die pos af te lewer! Die SAS het in later jare beurse beskikbaar gestel om die volgende geslag na-skoolse kwalifikasies te laat verwerf Die rol wat dit in die ontwikkeling van die welvaart van die land gespeel kan baie moeilik bepaal word.
Tydens die ritte wou passasiers meer te wete kom oor die redes waarom die spoorlyne sekere roetes gevolg het. Alhoewel daar verskeie publikasies bestaan oor die spoorlyne in sekere provinsies, is daar nie ‘n werk wat die hele Suid-Afrikaaanse netwerk dek nie. Dit het daartoe gelei dat inl igting versamel is om hierdie boek te publiseer.
Dit is natuurlik onmoontlik om elke enkele kilometer wat gebou is, veral in die voorstedelike gebiede, te bespreek, maar ek het probeer om die groter prentjie in te kleur. Omdat Namibië se netwerk vir byna sewentig jaar deel van die SAS-netwerk was, is dit ook ingesluit. Die spoorverbinding tussen Komatipoort en Golela vorm ook ‘n integrale deel van die Suid-Afrikaanse netwerk, alhoewel dit deur Swaziland Railway (SR) met Suid-Afrikaanse lokomotiewe bedryf word.
Die topografie het ‘n groot rol in die roetes van die spoorlyne gespeel. Tussen die kus en die binnelandse plato is baie bergpasse gebou en hierdie ingenieurs-prestasies fassineer byna ‘n eeu later nog steeds toeriste. In werklikheid het Montagupas, Toorwaterpoort, Waterpoort, Van Reenenspas, Majubapas, Lootsbergpas en baie ander geen gelyke nie en ons was bevoorreg om dit saam met meete-reisigers te geniet. In baie gevalle was dit al jare lank nie meer moontlik om dit uit ‘n treinvenster te geniet nie omdat passasiersdienste onttrek is, of skeduleerde ritte gedurende die nag plaasvind.
In ‘n geskiedkundige werk word gewoonlik historiese foto’s gebruik, maar ek het daarteen besluit. Tydens BTS se safari’s is duisende foto’s geneem waarin die natuurskoon die treine aangevul het (of selfs andersom) en daarom is eerder modeme foto’s gepubliseer. ln verskeie boeke is die stoom-era deeglik uitgebeeld maar modeme trekkrag is nog nie op dieselfde manier uitgebeeld nie. Suid-A frika kan nie spog met so ‘n groot aantal modelle elektriese en diesel-elektriese lokomotiewe soos Europese lande nie, maar daarvoor vergoed ‘n wye keuse van agtergrond en natuurtonele baie deeglik.
Reviews
There are no reviews yet.