Spore en Stof – Louise Schweickerdt-Alker

R50.00

Toestand: Baie goed
Formaat:
Sagteband
Bladsye: 232
Uitgegee:
ISBN: 9780620491730

1 in stock

Description

Op 32-jarige ouderdom, het ek begin voel soos ‘n bonsaiboompie; van drome, ideale, wense en wortels gesnoei om klein genoeg te wees om in ‘n piepklein potjie geprop te word vanwaar my takke gebuig kan word om “mooi” binne die samelewing te kan inpas.

Ek wou myself weer vind, wou vrylik en diep weer kon asemhaal en weet dat ek leef! Toe doen ek wat ek lankal wou doen en klim in my 1971 Volkswagen Beetle en ry vrou-alleen deur Suid-Afrika.
Winburg, Bloemfontein, Die Nasionale Vrouemonument, Springfontein, Colesberg, Gamkaskloof (Die Hel), Matjiesfontein, Hermanus, Gansbaai, Knysna, Nieu-Bethesda, Die Uilhuis, Cradock: 4 252 km in drie weke.

In Spore en Stof, deel ek my ervarings – my vrese en vredes – en die liefde vir ons ongelooflike mooi land.

Ek onthou die rustigheid wat gekom het met my drie weke op reis; dalk lees mens lets daarvan tussen die lyne raak. Dit is my wens vir almal wat deur die boek saam met my op reis sal wees.
Daar lê stukkies van my orals waar ek was. Ek wonder of die wind hulle rondwaai, die golwe hulle rondspoel, dalk speel die meeue met hulle in die lug tussen die wind en vere … of hulle lê agtergelaat tussen spore en stof