Description
Spook van die Wielsleutel – P. H. Nortje
Namibië, hier kom die skrywer en sy ingenieurseun!
P. H. Nortje en Francois. in ‘n Ford Mazda-bakkie wat wonderbaarlik gelaai is Hulle wil die songebakte vlaktes met kameeldoring en suurgras kom bewonder. Ook die duine en afgronde. Dalk sal hulle jag, en ‘n graatjiemeerkat vir ‘n geliefde kind aankeer. Hulle sal halfedelge-steentes versamel, en gasvrye mense se koningskos geniet. En net uitrus. ‘n Slag nader aan mekaar beweeg, as pa en seun vriende word.
Maar die wielsleutel wat hulle op Ai-Ais in die hande gekry het Hulle had ene dringend nodig en ‘n Samaritaan het dit tog spesiaal oornag vir hulle “opgetower”, weliswaar vir ‘n paar bottels Riesling en ‘n rand of twee. Alles kan nie pluis wees met dië transaksie nie, want hoekom bly spook die wielsleutel dan so by pa en seun?
Saam met die lekkertes teister die rampspoed hulle so taks op die eienaardigste maniere … Soos te verwagte van P. H. Nortje is dit ‘n verkwiklik humoristiese joernaal van ‘n toer der toere. En staan goeie menseverhoudinge weer sterk op die voorgrond. 1n ‘n sekere sin is Spook van die wielsleutel ‘n aanvulling tot Nortje se gewilde outobiografiese vertelling, Korsies van growwebrood. Ons verneem nou van sy lewe in sy “herfsjare”, en hy vertel verder oor sy kinders se kleintyd en oor sy onderwysloopbaan, die tyd toe ‘n ver-raderlike klaskamerdrumpel sy dosent-waardigheid aangetas het.
Spook van die wielsleutel is ook ‘n boek oor gewere, bakkies se binnegoed, goeie spys en drank, oor die lewe in ‘n baie unieke land. En veral oor ‘n jongman wat baie omgee vir sy ou vader en ‘n oupa wat betyds uit die boendoe wil wees vir sy genant se doop. Dis ‘n P. H. Nortje — onmiskenbaar, onweerstaanbaar.