Description
Splinters van Liefde – Alma Carstens
Hierdie omnibus is ‘n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas.
Kaapse Draai
Lani gaan Kaap toe om vir ‘n maand lank saam met ‘n wildvreemde boer op sy plaas te bly. Maar waarom sou ‘n man wat so aantreklik is dit nodig vind om vir ‘n vrou te adverteer?
Tyd Sal Leer
Sinna gaan soek ‘n uitkoms vir haar probleem in Malawi. Gou is haar besoek veel meer ‘n avontuur as ‘n vakansie. Is Marco die oplossing vir haar probleem en die sleutel tot haar vryheid?
Luca se Obsessie
Miranda weier om net nog ‘n merkie te word op die kerfstok van ‘n lenige Italianer wat op ‘n dag haar bloemiste binnestap. Liefde is nie vir haar onderhandelbaar nie. Vir hom blykbaar ook nie.