Description
Sonder Gewere – Stephanus Johannes de Jongh
Doringdraad-reeks #1
Gebeurtenisse in ons eie vaderland het in die maalstroom van vyf jaar se wêreldoorlog grotendeels verlore gegaan. Dit is verder vergemaklik geword deur die feit dat die land se pers byna eenpariglik belang daarby had om hierdie gebeurtenisse of skeef voor te stel of eenvoudig dood te swyg.
Hiermee wil ek probeer, vir die eerste keer in my lewe, om dinge te boekstaaf soos ek hulle ten dele hier en daar self ondervind het en — vir die grootste ge-deelte — soos ek hulle van kamerade verneem het wat self betrokke was en wat nou, een vir een, weer te voorskyn kom uit die tronkselle en konsentrasiekampe waarin hul politieke oortuigings of optrede — asmede die buitegeregtelike vervolging van ‘n demokratiese rege-ring – hulle in hierdie jare beland het.
Die verhaal sal dreig om hier en daar vir die oningewyde leser te onwaarskynlik te word, want die feite was fantasties genoeg om twyfel te wek. Om die ongelooflikhede ‘n bietjie te oorbrug het ek dit hier en daar gerade geag om die dagbl.aaie met aangifte van dag en datum aan te haal en eenvoudig in die verhaal in te lyf. Want die ondervinding het geleer dat baie mense wat die waarheid self nie sal glo nie, darem bereid is om die koerante te aanvaar.
Dit is ‘n verhaal van moed wat mens kan bewonder, van selfopoffering wat mens wil eerbiedig — al stem mens ook nie saam met die beweegredes daarvoor nie — en, les bes, van onwettighede wat mens moet betreur…