Simon van der Stel en sy Kinders – A. J. Böeseken

R280.00

Toestand: Goed. Randverweer op stofomslag, minimale papierverlies aan bo en onderkant van rug. Stukkendplekkies op die voue. Boek self skoon, stewig en netjies.
Formaat:
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 277
Uitgegee: 1964 (Nasou)
ISBN:

1 in stock

Description

Simon van der Stel en sy Kinders – A. J. Böeseken

Hierdie wetenskaplik verantwoorde biografie van Simon van der Stel is die resultaat van jarelange intensiewe navorsing, nie alleen in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland en Batavia. Die boek bevat veel meer as biografiese besonderhede oor Simon van der Stel, sy ouers, sy vrou en sy kinders; dit gee ook ‘n beeld van die tyd en die plekke waarin hulle geleef en gewerk het.

Die eerste twintig jaar van sy lewe bring Van der Stel in Mauritius, Ceylon en Batavia deur. In Nederland sien ons hom in die daaropvolgende twintig jaar as huis-vader, as boer en as soldaat. Dan kom hy met al sy kinders, maar sonder sy vrou, na die Kaap.

Die skryfster, dr. A. J. Boeseken, Hoofredaktrise van Argiefpublikasies in die Republiek van Suid-Afrika, beantwoord aan die hand van haar bronne vrae soos die volgende: Wie was Simon van der Stel se moeder? Wat was sy verhouding tot sy vrou? Wie het saam met hom gegaan na die land van die Namakwas? Tewens is baie voorheen onbekende gegewens oor sy vyf seuns en een dogter in die verhaal van Simon van der Stel en sy kinders verwerk.