Die Seeboek van die Sonderkossers – Jan Rabie

R50.00

Toestand: Goed
Formaat:
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 174
Uitgegee: 1979 (Tafelberg)
ISBN: 0624007464

Out of stock

SKU: DE057 Categories: , , Tag:

Description

Die Seeboek van die Sonderkossers – Jan Rabie
Illustrasies deur Marjorie Wallace

‘n Staptog al met die kus langs… sonder ‘n voorraad winkelkos. Sonder ‘n luukse soos vuurhoutjies of flitse. Of iets beskaafs soos sjokolade in die rugsak.

Dit is wat die Sonderkossers in hul vakansie aanpak, die ekspedisie bestaande uit Kraai, Bennie, Leentjie en haar pa, Daniel. Hulle het mekaar uitgedaag: Wie gaan die beste uithou, die beste oorleef?

Om eenuur in die more laai Leentjie se ma hulle erens langs die see af, ver weg van enige beskawing. Die motorlig verdwyn. Rondom hulle is die nag vol geheimsinnige geluide. ‘n Vakansie soos geen ander nie, het begin.

Die Sonderkossers vermy die stranddorpies. Snags slaap hulle in die sterlig teen ‘n duin. Soms vind hulle ‘n gerieflike grot en bly ‘n paar dae daar. Kos kry hul uit die spens van die see of van veldplante.

Oorlewing word vir elk ‘n werklikheid, ‘n onvergeetlike ervaring…

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Seeboek van die Sonderkossers – Jan Rabie”