Rondomtralie – Elsabe Steenberg

R38.00

Toestand: Goed, geskenkplakker voorin
Formaat:
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 172
Uitgegee: 1972 (Buren)
ISBN:

1 in stock

SKU: GV459 Categories: , Tags: ,

Description

Wat gebeur agter die grys mure van ‘n vrouegevangenis? Hoe word die bestaan wat daar gevoer word, beleef deur ‘n intelligente, sensitiewe vrou wat gevonnis is tot ‘n termyn tronkstraf nie die dood van haar man?

Deur die loop van ‘n lang jaar leer Salomien Wiid die afgestrooptheid ken van ‘n lewe agter tralies. Erger as die eensaamheid en verskrikking, maar veral die vernedering, wat die uiterlike omstandighede meebring, is die innerlike wroeging wat sy deurmaak : die tronk is nie net ‘n plek nie maar ook ‘n toestand, ‘n grys wolf wat haar diepste menswees bedreig. En steeds is daar ‘n soeke na lig, ‘n worsteling om en met die Engel van die Here by haar eie Jabbok.

„Die opvallendste kenmerk van Elsabe Steenberg se werk is ‘n diepgaande en ontoegeeflike erns, ‘n soort besinning wat jou stap vir stap tot by openbaring bring.” – Sarie Marais.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Rondomtralie – Elsabe Steenberg”