Description
Roepman – Jan van Tonder
’n Roepman se werk by die spoorweë was om die masjinis en sy assistent te gaan roep/wakker te maak vir hul skofte.
Hierdie gesins- en inisiasieroman speel af in ’n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is die 13-jarige Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasieprosesse in ’n grootmenswêreld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom.
Timus is deel van ’n groot gesin wat dit nie breed het nie en waar die pa se beheptheid met die kerk ontstellende gevolge het. As jongste in die gesin is hy toegespin in sy eie droomwêreld en ook agter by sy portuurs oor die soet en duister dinge van die lewe. Hy het ’n sterk verbeelding en sy weergawe van insidente verleen ’n magies-realistiese gevoel aan die gebeure in die roman.
Die waarneming van menswees, die patos en humor wat mekaar afwissel, die ménslikheid van hierdie roman – by tye brutaal-realisties, maar ook hartverwarmend – sal geen leser onaangeraak laat nie.
Reviews
There are no reviews yet.