Poort deur die Koue – Jan Spies

R45.00

Toestand: Goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Uitgegee: 1985 (Tafelberg)
Bladsye: 113
ISBN: 0624022447

Out of stock

SKU: F658 Categories: , Tags: ,

Description

Poort deur die Koue – Jan Spies

Wanneer Jan Spies vertel van ‘n leerlingverpleegster se slim planne met ‘n emmer vol kunstande of van ‘n bobbejaan wat kom spook in die plek van ‘n afgestorwe boervrou, van ‘n groot-eet in ‘n gemsbokpark of ‘n oud-stryder se taalprobleem op die paradebaan, slaan ‘n poort deur die koue van die moderne bestaan.

Want in dié stories toon hy dat die lewe meer as kompers, video’s en hidro’s is, dat mense tog na mekaar kan uitreik, dat vreugde ook in die eenvoudige te vinde is. Hier wag op die leser die warmte van humor en menslikheid, dikwels met ‘n tikkie nostalgie daarby.

Poort deur die koue is ‘n tweede keur uit Jan Spies se onnabootsbare bydraes tot die Afrikaanse radiodiens se vroeëmôreprogram Monitor.