Paleise van die Pluime – Sue van Waart

R80.00

Toestand: Goed. Stofomslag wys redelik verweer, boek self nog netjies.
Formaat:
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 196
Uitgegee: 1990 (JP van der Walt)
ISBN: 9780799315431

1 in stock

SKU: B024 Categories: , Tags: ,

Description

Paleise van die Pluime – Sue van Waart

“Wit goud” het Weldon James die pragtige volstruispluime genoem in sy boekie wat tydens die volstruis-weeldejare verskyn het. Dié goud, het hy verduidelik, kom van ‘n dorpie genaamd Oudtshoorn in Suid-Afrika. Dis omtrent 200 myl lank en 100 myl breed, ‘n halfwoestyn omring deur ‘n formidable bergketting, het hy geskryf. Dit reën daar slegs sowat 10 duim per jaar, en die son skyn meestal versengend warm. Dis ‘n plek van groot, oop ruimtes, waar dië vlugvoetige, hardlopende voël wat nie kan vlieg nie, aangetref word.

In PALEISE VAN DIE PLUIME vertel die bekende Sue van Waart die verhaal van Oudtshoorn en sy mense. Sy vertel van die wonderjare toe James se “hardlopende voël” met die “wit goud” gesorg het vir ‘n sprokiestyd in ons land se geskiedenis. Sy voer die leser terug na ‘n era “waar Aspoesters oornag prinse en prinsesse geword het.”

Sy lig die sluier oor die interessante en aktiewe Joodse gemeenskap van “Klein Jerusalem” soos Oudtshoorn ook destyds bekend was. Jy maak kennis met buitengewone karakters, maar ook met gewone boeremense, arbeiders en ambagsmanne, grapmakers, prinse en konings. Jy lees van ongekende rykdomme, van asemrowende volstruispaleise, maar ook van die pondokke, armoede en ellende toe die eens florerende veremark plotseling in duie stort.

PALEISE VAN DIE PLUIME is ‘n kuierboek waarheen die leser telkens sal terugkeer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Paleise van die Pluime – Sue van Waart”