Sale!

Orania – Michael Hammond & Hanlie Retief

Original price was: R150.00.Current price is: R110.00.

Toestand: Goed
Formaat:
Sagteband
Bladsye: 208
Uitgegee: 2014 (Umuzi)
ISBN: 9781415206812

1 in stock

Description

Orania – Michael Hammond & Hanlie Retief

ORANIA IS NIE LANGS ENIGE HOOFROETE NIE. IN DIE barre Noord-Kaap, iewers op die R369 tussen Hopetown en Petrusville, sowat 160 km van Kimberley, lê die dorp wat sedert sy totstandkoming as ‘n volkstaat slegs vir wit Afrikaners in kontroversie gehul is.

Dis ‘n dorp van ongewone kombinasies: ‘n duisend wit mense en derduisende pekanbome; droë Karoo en die groen soom van die Oranjerivier; die ideologie van sommiges en die opportunisme van ander. Mense wonder oor Orania. Hoe is dit daar? Watter soort mense bly daar? Is daar toegangshekke? Is dit neo-apartheid?

Fotograaf Michael Hammond rig sy kamera op die mense van Orania en skrywer Hanlie Retief gee in meegaande vertellings ‘n blik op hul lewens.