Opdrag van Oorkant – Alta Cloete

R75.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 303
Uitgegee: 2015 (Lapa)
ISBN: 9780799376302

1 in stock

SKU: X726 Categories: , Tags: ,

Description

Opdrag van Oorkant – Alta Cloete

Theresa se eksman Coenraad was een van die bekendste Afrikaanse skrywers. Soms weet sy nie of sy so bitter is oor sy voorliefde vir vroue of oor haar dogtertjie wat ’n wiegiedood gesterf het, waarna hy haar nooit weer ’n kans gegun het op ’n kind nie. Anders as vir die heel jongste toevoeging tot sy lys vroue wie se baba binnekort gebore word.

Nou kom die uitgewer met Coenraad se laaste versoek: Al drie die vroue, asook ’n vierde wie se rol eers later blyk, moet die reklametoer meemaak vir sy outobiografie wat ná sy dood gepubliseer is. En ’n opdrag van oorkant die graf is nie iets waarvoor mens net kan sê dit sal die dag wees nie. Dit word interessant omdat die hare waai ja, maar dit word ook pynlik en skokkend wanneer die feite wat uit die outobiografie na vore kom ou wonde oopkrap en ’n afskuwelike misdaad onthul.

Tog, teen alle verwagting in, leer die omgekrapte en alte direkte Theresa deemoed en die lewe se betekenis intiem ken toe die dood hom in een van sy vele ander gedaantes aan haar openbaar.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Opdrag van Oorkant – Alta Cloete”