Op die Groot Spore – P. J. Schoeman

R60.00

Toestand: Goed. Een naam twee keer geskryf op titelblad. Inhoud skoon, binding nog goed maar moenie die boek oopspalk nie.
Formaat: Hardeband
Uitgegee: 1946 (Nasionale Pers)
Bladsye: 228
ISBN:

Out of stock

SKU: V163 Categories: , Tags: ,

Description

Op die Groot Spore – P. J. Schoeman

Die ekspedisie beweeg deur ’’n deel van Zoeloeland wat nog ongerep en vol gevare is. Hy beleef hoe Siba die hoofindoena en sy Zoeloekrygers die magtige buffel, leeu en renoster baasraak met hul assegaaie en slim aanvalstaktiek. Sy paaie kruis met die sluwe toordokter Sontaba en sy handlanger Jalimane en hy maak ook kennis met die reusewaterdier, die onanabahule, wat in die diep, donker kuile skuilhou.

Tydens hierdie onvergeetlike avontuur ontwikkel vriendskappe en wedersydse respek tussen die jagter en Siba en sy krygers. Hy kry ook ‘’n insiggewende blik op ’n Zoeloekultuur en -gewoontes wat reeds begin verdwyn. Later ontmoet die jagter Nobiyane, ’’n ou Zoeloefilosoof, wat hom, deur sy wedervaringe met hom te deel, vaderlik tot by “die groot spore” lei – daar waar die lewe sin kry.