Oorlog en Ballingskap – Adjudant J. N. Brink

R280.00

Toestand: Baie goed. Een naam. Paar penmerke op onderste teksblok. Andersins skoon en netjies.
Formaat: Hardeband
Bladsye: 286
Uitgegee: 1940 (Nasionale Pers Beperk)
ISBN:

Out of stock

Description

Oorlog en Ballingskap – Adjudant J. N. Brink

VOORWOORD

Op versoek van oud-krygsgevangenes van Ceylon, sowel as oud-burgers van die Ladybrand-, Ficksburg- en Senekal-kommando’s wat in die Anglo-Boere-Oorlog diens gedoen het, verskyn my boek „Ceylon en de Bannelingen” nou weer in Afrikaans en wel onder die naam „Oorlog en Ballingskap.” Die inhoud is aanmerklik uitgebrei en ook deur vier bykomende hoofstukke aangevul.

Hierdie nuwe aanvulling handel oor gebeurtenisse in die oorlog, waartoe bogemelde kommando’s geen geringe deel bygedra het nie. Oorlogs-geskiedenis maak soms ‘n aansienlike deel uit van die biografie van ‘n volk en die groot gebeurtenis, wat as glorieryke tydperk van die volkstryd moet beskou word, mag nie in die vergetelheid wegsink nie, maar vir die nageslag behou bly. Die bedoeling is natuurlik nie dat daardeur rassehaat moet aangekweek word nie, dog liewer om by die jeug ‘n gevoel van trots op die heldedade van hul ouers en voorouers aan te wakker en vir altyd te bestendig.

Immers elke volk op aarde is trots op sy geskiedenis en so moet dit ook wees. Die grootheid in die felle loutering van hul voorgeslag moet dien as voorbeeld van taaie volharding, ook in die stryd van die lewe. Dat hierdie uitgawe van my boek tot wekstem mag dien is die wens van

DIE SKRYWER.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Oorlog en Ballingskap – Adjudant J. N. Brink”