Description
Die Ontplooiing van die Engelse Oorlog 1899-1900 – M. A. Gronum
Gaan die geskiedenis hom herhaal? Hierdie vraag kom noodwendig op met die lees van „Die Ontplooiing van die Engelse Oorlog 1899-1900″, M.A. Gronum se derde en laaste boek oor hierdie oorlog. Dit behandel die laaste paar maande voor die uitbreek van die oorlog op 11 Oktober 1899 en die militêre en strategiese verloop van die eerste oorlogsjaar. Die boek eindig met ‘n beskrywing van die Iaaste stellingslag by Dalmanutha, waarna die bewegingstryd begin.
Die voorspel tot die kataklisme van Oktober 1899 is ‘n spanningsvolle tyd wat treffende ooreenkomste toon met Suid-Afrika se posisie in die wêreld vandag. Die grootste wêreldmag van sy tyd tart en be-dreig ‘n klein en op die oog af betreklik maklike prooi. Aan Boerekant doen die onderhandelaars hul bes om gewapende geweld te voorkom, maar aan die ander kant van die tafel soek Brittanje aile rede tot oorlog. Gronum vertel in besonder-hede van al die pogings tot ontspanning en van al die konferensietafeltaktieke wat gevolg is.
Ondanks alle pogings om ‘n oorlog af te wend, breek die oorlog tog uit — soos ‘n tydbom wat die veroweraar gestel het om sy pad vorentoe oop te maak. Hierdie ontploffing word beskryf en die verloop van die stryd en die krygsmaneuvers stap vir stap gevolg met die hulp van kaarte.
Van die belangrikste persoonlikhede aan albei kante word afgebeeld. Saam met „Die Engelse Oorlog,” wat die krygsmetodes van die Britte beskryf, en „Die Bittereinders,” oor die laaste swaar-kryjaar van die oorlog, vorm „Die Ontplooiing van die Engelse Oorlog” nou ‘n onontbeerlike geheelbeeld vir die gewone leser van die belangrikste oorlog op Suid-Afrikaanse bodem.