Onse Hymie – Etienne Leroux

R45.00

Toestand: Goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Uitgegee: 1982 (H&R)
Bladsye: 131
ISBN: 0798114630

1 in stock

SKU: GV558 Categories: , Tags: ,

Description

Onse Hymie is Etienne Leroux se eerste boek in ses jaar, en daarmee sit hy die vernuwing voort wat sy vorige werk, Magersfontein, O Magersfontein!, ingelui het.

Onse Hymie, Kaptein Hymie Rabinowitz, alias Flash Gordon, die Blits van die Karoo, alias Hymie Marinkowitz, vaar saam met sy co-pilot Johannes Garries in sy kombi die diep-Karoo in. Op pad Kaap toe, in ‘n see van botterblomme of gousblomme of wat ook al, kom hulle af op die Vleispaleis, ‘n spa sonder weerga.

Soos in die omstrede en bekroonde Magersfontein, O Magersfontein!, waarmee Leroux ‘n stilswye van vier jaar verbreek het, bind hy hier ‘n verskeidenheid van karakters saam in ‘n vinnig vloeiende verhaal met ‘n sterk satiries-filosofiese inslag. Onse Hymie se swerftog sal die leser tot by sy onafwendbare einde meevoer.