Description
Ons Stryd Teen Afstande – SA Spoorweë
Die Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Spoorweë in Oorlog 1939 – 1945
**UITERS SKAARS**
HIERDIE kort verslag van die Suid-Afrikaanse Spoorweë in oorlog is opgestel ten einde een van die lewendigste en geslaagdste tydperke in die geskiedenis van die Spoorweë te boekstaaf. Enkelinge word nie genoem nie, aangesien dit onmoontlik is om in so ‘n beknopte en feite-oorsig aan almal wat daartoe bygedra het, reg te laat geskied, maar die glanspunte van die talle van veldtogte waaraan spoorwegmanne deelgeneem het, en van die menigvuldige nuwe werksaamhede wat uitgevoer moes word, is getrou te boek gestel.
Inligting vir hierdie geskiedenis is uit verskillende bronne, soos dagboeke, persoonlike verslae, amptelike berigte, en spoorweglëers, verkry. By die beginstadiums van die oorlog is uitvoerige rekords gehou, maar namate die oorlog gevorder het, het die manne wat inligting in dagboeke moes opteken, dit al hoe moeiliker gevind om met die immer wisselende toneel tred te hou. Vandaar dat ander dokumente geraadpleeg moes word, en die hoop word gekoester dat hierdie verslag toereikend sal wees.
Een van die belangrikste bydraes van die Spoorweë was die beweeglikheid wat hy aan die Suid-Afrikaanse magte verskaf het. ln werklikheid gaan die hele verhaal oor vervoer, oor afstande wat oorwin is en oor spoorwegmanne wat duisende myle ver vervoer is om aan noodtoestande die hoof te bied. Toe mevr. Sarah Gertrude Millin, die welbekende Suid-Afrikaanse skryfster, deur die Minister van Vervoer, mnr. F. C. Sturrock, van die omvang van die boek verwittig is, het sy ‘n naam daarvoor aan die hand gedoen – „ Ons Stryd teen Afstande.” Dit is so ‘n gepaste naam dat dit onmiddellik en met dank aangeneem is.
Ons is ook dank verskuldig aan die groot aantal lede van die Spoorwegdiens wat met die insameling en sortering van stof gehelp het, en insonderheid aan die Publisiteits-en Reisdepartement, wat ‘n gefflustreerde rekord van elke fase van die oorlog opgestel en ‘n ontsaglike hoeveelheid inligting ingewin het.