Ons Lesers Vertel Deel 1 – Volksblad

R190.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Uitgegee: 2001 (Oorlogsmuseum)
Bladsye: 226
ISBN: 1874979308

Out of stock

Description

Ons Lesers Vertel Deel 1 – Volksblad

‘n Boek deur ons lesers, vir ons lesers oor ons lesers se mense – dit kan ‘n mens met trots Ons lesers vertel noem.

Begin 1999 die beginjaar van die 100ste herdenking van die Anglo-Boereoorlog het Volksblad sy lesers gevra om vir ‘n wedstryd ware verhale oor die oorlog vir publikasie in die koerant in te stuur.

Die idee het op ‘n ontbyt ontstaan waar ‘n paar mense staaltjies oor hul familie in die ABO vertel het. Ek het besef dat as die kosbare verhale nie nou op skrif gestel en bewaar word nie, hulle waarskynlik vir altyd verlore sal wees. Die huidige geslag is die laaste wat die oorlewerings van hul voorouers se lief en leed nog kan oorvertel.

Ons lesers se reaksie was oorweldigend. ‘n Stortvloed van onskatbaar waardevolle verhale het na Volksblad gestroom. Van ver buite Volksblad se lesersgebied – tot uit Kanada – het inskrywings gekom. Selfs nou nog, langer as twee jaar sedert met die wedstryd begin is, stuur lesers verhale en foto’s in. Verhale van hartseer, verraad, haat en lyding, maar ook van moed, geloof, medeliefde en humor word weekliks gepubliseer.

Baie van die inskrywings het geeindig met iets soos: “Noudat ek die verhaal vertel het, is ek baie hartseer van verlange na my ouma/oupa en die ou dae.” Personeellede van die Oorlogsmuseum het die verhale en die wenners geesdriftig beoordeel.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ons Lesers Vertel Deel 1 – Volksblad”