Nagmaalsnaweek deur die Jare – Prof. Bun Booyens

R50.00

Toestand: Goed
Formaat:
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 64
Uitgegee: 1982 (N. G. Kerk)
ISBN:

1 in stock

Description

Nagmaalsnaweek deur die Jare – Prof. Bun Booyens

Die gebeure rondom nagmaal of grootkerk soos dit ook bekend gestaan het, het talle reisigers en skrywers deur die jare geinteresseer en tot ‘n verskeidenheid literêre weergawes aanleiding gegee. ln Nagmaalsnaweek deur die lare sluit prof. Booyens hierby aan. Lewendig en insiggewend beskryf hy die kerklike gebeurtenis wat deur die jare ‘n groot rol ook in die sosiale en ekonomiese lewe van die Afrikaner gespeel het. Interessante aspekte van die nagmaalsnaweek word bespreek.

So vertel hy o.a. van die kleredrag, die “tokens”, nagmaalserviese, kampvure en al die verrigtinge wat tydens so ‘n nagmaalsnaweek plaasgevind het: van die aanneming en voorstelling van nuwe lidmate tot by basaars en vendusies. Ook word vrae behandel soos waarom die gereformeerde kerke so selde nagmaal vier.

Die waarde van die boek word verhoog deur die gebruik van unieke foto’s van nagmaalsgeleenthede, kosbare serviese en afdrukke van werke deur bekende kunsskilders soos Pierneef, Erich Mayer, W H. Coetzer en ander. Nagmaalsnaweek deur die lare is ‘n onderhoudende werk wat vergange tye vir die leser in ‘n nuwe lig laat herleef. Dit is ‘n boek vir die gewone leser en die vakkundige op die gebied van die kerk- en kultuurgeskiedenis. Dit behoort ‘n waardevolle toevoeging tot Africana-versamelings te wees.