Marmelade en Moerkoffie – Bernadette le Roux & Marianne Palmer

R240.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 217
Uitgegee: 2008 (Quivertree)
ISBN: 9780980265163

1 in stock

Description

Marmelade en Moerkoffie – Bernadette le Roux & Marianne Palmer

Langer as ’n eeu al woon die Palmer-familie op die plaas Cranemere in die middel van die uitgestrekte, verlate Groot-Karoo. Op Cranemere het die noodsaaklikheid om volgens die seisoene te kook ’n kosmaaktradisie geslyp waarin die kuns van kreatiewe improvisering altyd seëvier, en boonop het elke geslag Palmer-vroue unieke elemente en invloede bygedra tot die Karoogeure wat ons vandag ken.

Die resepte in Marmelade & Moerkoffie is bymekaargemaak deur vyf geslagte vroue in die Palmer-familie, en die resultaat is dat daar in dié boek iets vir almal is – van die eksotiese tot die bekende. Soek troos in geregte soos tarentaalpastei, nostalgie in ’n potbraaihoender soos dit op die plaas gemaak word, en plesier in die lewendige kleur van ’n poeding wat bestaan uit fyngedrukte granaatpitte met rooswater.

Marmelade & Moerkoffie is ’n boek oor kos soos dit moet wees: seisoenaal, eenvoudig en propvol geur.