‘n Leksel Sout uit die Maande – Jan Nel

R90.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 104
Uitgegee: 1996 (Tafelberg)
ISBN: 9780624034483

1 in stock

SKU: S148 Categories: , , , Tags: ,

Description

‘n Leksel Sout uit die Maande – Jan Nel

Maande, jare Die tyd gaan almele’e so gou verby, en van al die verborge dinge verstaan die mens nog nie. Soms loop hy in die son, soms waai die wind teen sy lyf, soms val die reën op sy kop. Hy dink – en hy droom. En as hy die wonder net maar aanhou soek, besef hy eindelik, selfs al bly dit ‘n raaisel: die lewe is onvernietigbaar.

Immer is daar seisoene; na die eb, immer ‘n gety; na die val, ‘n opstaan; na die huil weer ‘n lag. Die ysige winter is maar net ‘n voorspel tot die lente. in die geur van jasmyn en in die purper van die klein viooltjies, in die klank van water oor klippe en die geelvink se harde, heerlike fluit In die soetheid van ‘n melodie, die stem van ‘n goeie vriend die goeters en dinge in ‘n deurmekaar laai . . . ln alles is ‘n tikkie van die ewigheid. Saam gee alles volkomenheid aan die simfonie van die Groot Dirigent.

Jan Nel is ‘n voorprater, ‘n man wat vooruit loop en ons roepja in die naam van die brose menslike hart self, en wat vir ons sê: “Hier, julle spul stommerikke soos ek, ek siet ‘n stukkie lig in die wapad! Wat kan dit wees?” Daar is baie boeke wat aanspraak maak op ewigheidswaarde – en dan lees jy hulle een maal deur en keer nooit weer na hulle terug nie. ‘n Leksel sout uit die maande is anders. Dis ‘n boek vol gesofistikeerde Boerse wysheid; ‘n boek vir vandag – en more, en oormore.