Krygstuig van Suid-Afrika – Helmoed Römer-Heitman

R75.00

Toestand: Goed, skutblad is effe onnet verwyder.
Formaat: Klein hardeband
Uitgegee: 1988 (Struik)
Bladsye: 192
ISBN: 9780869776384

Out of stock

Description

Krygstuig van Suid-Afrika – Helmoed Römer-Heitman

‘n Gids tot die verskeie voertuie, vliegtuie, vuurwapens, vaartuie en ander wapentuig en toerusting in gebruik deur die SAW teen die laat 1980s. Swart-en-wit foto’s plus spesikasies en beskrywings.

Helmoed-Römer Heitman het reeds verskeie artikels oor verdedigingsaangeleenthede vir Suid-Afrikaanse, Britse, Amerikaanse en Duitse tydskrifte geskryf, en is Jane’s Defence Weekly se Suid-Afrikaanse Korrespondent.

Hy is ook die skrywer van die boek Die Suid-Afrikaanse Krygsmag. Hy het ‘n MA in Krygskunde by Kings College aan die Universiteit van Londen behaal, asook ‘n BA en ‘n BSocSci (Hons) graad in ekonomie en landsbestuur aan die Universiteit van Kaapstad. Sy aanstelling as infanterie-offisier in die Burgermag is S03 Operasies by Kommandement Westelike Provinsie in Kaapstad.

Hy het voorheen gedien as SO3 by 71 Gemotoriseerde Brigade en was ook ingedeel by Sektor 40 van die SWA Gebiedsmag in Windhoek. Hy het die SA Leërkollege se junior stafdienskursus geslaag.