Description
Kniel, Krygsman – At van Wyk
Genl. De Wet staan kaalkop by die lykie in die veld. Dis die van ‘n seun —’n1 seun wat nog met dolosse moes gespeel het, maar wat met ‘n Mauser in die hande gesterf het. Op die lewelose gesig is daar verdwasing soos ‘n kind se gesig kan trek as hy afgejak word. Hy buk om die lykie op te tel… merk dat die seun se regterhand toegeklem is. Hy beur die vingers oop. ln die seun se handpalrn lê vyf bloedbevlekte albasters…
Bostaande is ‘n toneel uit Kniel, Krygsman, ‘n roman wat op genl. De Wet se oorlogservaringe gebaseer is en waarvoor die skrywer, At van Wyk, grondig navorsing gedoen het. Dit is egter nie bloot ‘n historiese relaas nie. Dit beeld op grootse wyse die drama van die Tweede Vryheidsoorlog uit; dit vertel van glorie en ramp-spoed; van die sielestryd van twee broers, Chris en Piet de Wet : die een ‘n held, die ander ‘n verraaier; dit vertel van die liefde, vreugde, smart en haat van jong mense, en van oues; van lafhartigheid en dapperheid; van pret te midde van die dood.
Kniel, Krygsman is ‘n boek vol patos, met karakters wat lewe; dis ‘n boek wat ons Groot Oorlog losruk uit die verstarring van oorbekendheid; dit is, hoe verstommend ook al, die eerste boek in sy soort oor ‘n man wat geslagte lank as ons grootste krygsheld geroem word. Kniel, Krygsman hoort op elke rak.