Klaasneus-hulle – Anna Rothmann

R45.00

Toestand: Goed. Stofomslag het baie verweer, boek self is nog netjies.
Formaat:
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 128
Uitgegee: 1973 (Tafelberg)
ISBN: 0624004791

Out of stock

SKU: DE071 Categories: , , Tag:

Description

Klaasneus-hulle – Anna Rothmann

Die klaasneus het ‘n neus. „Dit is ‘n pikswart slurpie van meer as ‘n halfduim lank, en dit laat ‘n mens dink aan ‘n stukkie swart gomlastiek wat op ‘n baie slap veer gestel is: so slap dat dit byna nie kan stilstaan nie, maar aanhoudend roer.”

Op die manier, met ‘n vonkel in die oog, ver-strek die skryfster interessante feite oor ‘n verskeidenheid van diere, klein en groot – van die olifante van die Addo-bos, tot die broekmanne-tjie, die besige klein spinnertjie, in die tuin.

Alles is gebaseer op werk-like ondervindinge en waarneming en met ‘n oorspronklikheid en liefde vir die veldbewoners beskryf, wat die wonder van die natuur en van dinge waaroor gewoonlik nie twee maal gedink word nie, baie duidelik aan die leser tuis bring. ‘n Boeiende, uiters interessante en Ieesbare werk.

Die Iewendige en veelseggende tekeninge deur die ervare kunstenaar, C.T. Astley Maberly, vul die teks onverbeterlik aan.