Kelkiewyn en Koggelaar – A. A. J. van Niekerk

R40.00

Toestand: Goed, roesvlekkies
Formaat:
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 122
Uitgegee: 1975 (HAUM)
ISBN: 062400290x

1 in stock

SKU: F507 Categories: , Tags: ,

Description

Kelkiewyn en Koggelaar – A. A. J. van Niekerk

Die Noordweste is ‘n afgesonderde deel van ons land vol kontraste: eensame sandwêreld, dikwels die vreugde van blomme en ook bossie en klip en soms amper karoo-wêreld met rante en heuwels en deinserige vertes. Dis ‘n wêreld met sy eie mense wat na aan die aarde leef; deur die aarde gevorm word; feitlik deel is van die wind, die son, die grond.

A. A. J. van Niekerk skryf met ‘n opvallende deernis oor hierdie landstreek. Hy skets die verskillende dele wat tot die landstreek behoort: Namakwaland, Sandveld, Boesmanland en die Richtersveld. Hy skryf oor die wind, die voêls, die „skerwyn en bloubaard” met ‘n besondere fyn waarnemingsvermoë. Maar dis veral die „kortverhale” in diê bundel wat die aandag trek; albumprente van diê wêreld se mense. Dit getuig van ‘n knap komposisiegawe, ‘n aanvoeling vir die situasie en ‘n insig in die mens. En bevestig die vermoede dat ‘n sterk talent aan die woord is. Van Niekerk skryf ‘n sober prosa, sonder opsmuk of enige literêre truuks.

Dis ook ‘n beskeie kuns, ‘n streekkuns. Algaande word dit egter meer en kry die eenvoud ‘n dieper gestalte. Jy ontdek die patos van die ewige mens verstrengel in die lewe, maar dikwels is daar die aardse humor; die bevryding van die lag wat wil oplos. En dit is een van die grootste verdienstes van hierdie bundel.

Kelkiewyn en Koggelaar is ‘n bundel sketse wat om sy eenvoud, sy raakheid van segging, deel is van ‘n land vol verskeidenheid, deel is van die wind, die son, die aarde.