Kaapse Kontreikos – Trix Pienaar

R60.00

Toestand: Goed, een naam
Formaat:
Hardeband
Bladsye: 56
Uitgegee: – (Saayman & Weber)
ISBN: 0797100172

1 in stock

Description

Kaapse Kontreikos – Trix Pienaar

Trix Pienaar Kaapse kontreikos:
“Ek eet al jare lank rond en bont in die Kaap, en die resepte wat hier saamgevat is, is na my mening eie aan die Kapenaars. Vandaar die titel van die boekie. Dit is nie ‘n resepteboek op die gewone patroon nie. Ons gesels sommer oor my Kaapse kos: warmmaakkos, koelmaakkos, kos uit die see, herinneringskos. Wanneer die donker wolkbanke in die Noordweste oor die see begin saamkoek en die winterwind sy vaal reënarms oor die Kaap uitstrek, dan weet ons die kombuise raak geurig met warmmaakkosse, geselskosge. Dan kook ons op ons beste, want dis koud en dis nat en die reënvlae hang oor ons snoesige wonings waar ons saam sit, saam eet, saam kuier. Dan, meer as ooit, vul die kos en die geselskap mekaar aan, want so nie, bly sit jy net waar jy is, met jou eie vuur, jou eie boek, jou eie wyn, in jou eie gloed.”