Kaalvoet oor die Berg – Erika Murray-Theron

R50.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:
160
Uitgegee: 2003 (Protea)
ISBN: 9781869190262

1 in stock

SKU: A891 Categories: , Tags: ,

Description

Kaalvoet oor die Berg – Erika Murray-Theron

Kaalvoet oor die berg is ‘n keur uit Erika Murray-Theron se kortverhale. Sy is die bekende skrywer van romans soos Die Mezzanine-klub, Die toubrug, Sê Maria, Wie is jy, Elizabeth? en Vlegsel.

In 2002 het sy die ATKV-prys vir gewilde prosa ontvang. Murray-Theron se kortverhale getuig van ‘n fyn aanvoeling vir die “gewone vrou” — ‘n jong moeder wat jaloers is op haar vriendin se rebelsheid, ‘n niksvermoedende skoolmeisie wat as skoondogter ontvang word, ‘n vrou wat van haar verganklikheid bewus word wanneer haar skoonma op sterwe lê. Vroue wat droom hulle is iemand anders. Maar ook vroue wat kamerade is, onwaarskynlike sielsgenote wat kaalvoet oor die berg op reis gaan.

Predikante het glo alles gesien. Maar dié een lyk jonk. Sy lewenservaring strek waarskynlik nie tot by ‘n bruid wie se oggendmislikheid heeldagrnislikheid is en wat onder die huweliksformulier daardeur oonveldig word nie …

Iewers is ek nog ék. As ek vannag anoniem op ‘n klein dorpie sou afklim en nooit weer teruggaan huis toe nie, sou ek nog iemand wees …