Jong Dokter Serfontein – Theunis Krogh

R65.00

Toestand: Goed. Een naam.
Formaat:
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 156
Uitgegee: 1980 (JL van Schaik)
ISBN: 0627001270

Out of stock

Description

Jong Dokter Serfontein – Theunis Krogh
Keurboslaan #1

Met jong Doktor Serfontein word die eerste verhaal van die legendariese Keurboslaan-reeks aan ‘n nuwe geslag jong lesers bekend gestel. Die oorspronklike verhale is nou deur die skrywer herskryf en om praktiese redes is die vorige negentien titels saamgevat in agt sprankelende, kraakvars uitgawes — terwyl Theunis Krogh reeds kliphard besig is aan nuwe Keurboslaan-verhale.

In Jong Doktor Serfontein maak die leser kennis met ou mnr. Schoonbee, ryk van gees maar arm aan goed, eienaar van die klein privaatskooltjie wat dreig om tot niet te gaan; en met die jong doktor Roelof Serfontein wat op ‘n reënnag op Keurboslaan beland, verward en uitgeput na gees en liggaam. ‘n Sonderlinge vriendskap ontstaan tussen die briljante doktor Serfontein en die siek meneer Schoonbee en die teuels van die skool beland spoedig in doktor Serfontein se hande.

Die leser word een met sy stryd om Keurboslaan te red en ‘n skool te maak waarop sy mense trots kan wees. Hy vind egter ‘n bondgenoot in Wienand, die skool se eerste kaptein, wat met sy onkonvensionele optrede dikwels die ander Keurboslaners se hare laat rys, maar tog berge versit tot die skool se voordeel.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Jong Dokter Serfontein – Theunis Krogh”