Johanna se Storie – Jan Rabie

R45.00

Toestand: Goed. Rakverweer op omslag.
Formaat: Hardeband met stofomslag
Uitgegee: 1981 (H&R)
Bladsye: 275
ISBN: 0798112522

Out of stock

SKU: GV605 Categories: , Tags: ,

Description

Johanna: produk van ‘n “gemengde” huwelik, word in afsondering groot — sonder apartheid, het haar pa koppig en trots besluit. Maar sy besit nie haar ma se lydsaamheid en berusting nie. Sy ver-werp onnatuurlike isolasie en vaar die wye wêreld op eie houtjie in — om kennis te maak met die volle Suid-Afrikaanse werklikheid, waarbinne sy haar geluk, haar identiteit moet vind, ten spyte van apartheid erte sy onvermydelike implikasies.

Met dié verhaal bring Rabie — soos ons al van hom leer verwag het — iets nuuts in die Afrikaanse prosa. Sy bemoeienis bly by die mens, wat steeds sentraal staan in die roman, en die mens betrokke by ‘n gemeenskap. Maar dit is sy uitbeelding van die gemeenskap wat verfrissend nuut is. ‘n Reeks gevatte en raak satiriese episodes word behendig met Johanna se verhaal ineengevleg: ‘n rugbywedstryd, ‘n reklameset, ‘n familiebesoek in Bonte-heuwel, regeringsonderhandelings op Tafelberg, ‘n literêre uitstappie na Onrusrivier; kortom, ‘n kaleidoskoop van Suid-Afrika, vandag, in al sy fasette.

Die leser kom uiteindelik terdeë onder die indruk van Johanna se identiteitskrisis, maar word ook skerp gekonfronteer met die onhoudbaarhede van die situasie waarin sy haar bevind.