In Doodsgevaar – G. D. Scholtz

R195.00

Toestand: Baie goed, een naam
Formaat: Hardeband
Uitgegee: 2001 (Prota)
Bladsye: 190
ISBN: 9781919825182

Out of stock

SKU: V417 Categories: , , Tags: ,

Description

In Doodsgevaar – G. D. Scholtz

MIN verhale uit die Anglo-Boereoorlog het lesers so aangegryp as die van die avonture van die Boere-James Bond, kaptein Koos Naudé ( 1876-1956). Aanvanklik neem hy aan die stryd op die Natalse front deel. Na die inname van Pretoria bly hy op bevel van genl. Louis Botha in die hoofstad agter. As hoof van die ZAR se Geheime Diens bring hy in groep van 30 spioene byeen wat voortdurend belangrike inligting insamel en na die kommando’s stuur.

Nadat hy in 1901 verraai word, vlug hy met ‘n £2000-losprys op sy kop na die burgers op kommando in Oos-Transvaal. Hy neem deel aan die guerrilla-oorlog en maak veldslae soos dié by Bakenlaagte mee. Uiteindelik sou die Britte onsuksesvol meer as £9000 spandeer in hulle pogings om hom vas te trek.

Sy avonture, wat in 1904 vir die eerste keer onder die titel In doodsgevaar gepubliseer is, is in 1940 deur G.D. Scholtz verwerk en heruitgegee. Dié boek het intussen een van die klassieke verhale van die Anglo-Boereoorlog geword.

Onvergeetlik is avonture soos dié waarin hy in ‘n Engelse uniform vrylik in die besette Pretoria rondbeweeg, die Engelse offisiere se spogperde steel, tien keer gedurende die oorlog die stad in die geheim as spioen besoek en ‘n groep vroue organiseer om die spioenasiewerk van die ontbinde Geheime Diens voort te sit. Dié groep vroue sou later as die Kappiekommando bekendheid verwerf.

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “In Doodsgevaar – G. D. Scholtz”