Hutspot – Jan Rabie / Kannemeyer

R48.00

Toestand: Soos nuut
Formaat:
Sagteband
Bladsye: 208
Uitgegee: 2004 (Protea)
ISBN: 9781869190767

Out of stock

SKU: H055 Categories: , Tags: , ,

Description

Tydens die navorsing wat prof. Kannemeyer vir die biografie oor Jan Rabie gedoen het, het hy op heelwat tekste afgekom wat Rabie in tydskrifte gepubliseer het of as radiopraatjies of lesings gelewer het, terwyl sommige nooit die lig gesien het nie. In hierdie bundel word die beste daarvan bestendig. Die stukke wat opgeneem word, is van uiteenlopende aard en verdeel in vier rubrieke.

Die eerste afdeling bevat ‘n vyftal sketse waarin Rabie verslag doen van sy reise deur Frankryk, Switserland en Italie. Hoewel hy in die artikel oor sy reis deur Italië sy maat met die manlike voornaamwoord aandui, is sy reisgenoot in werklikheid “die Skotse skilderessie” Marjorie Wallace met wie hy in 1955 in die huwelik sou tree. Die stukke in die vierde afdeling is weer almal geskryf na Rabie se terugkeer na Suid-Afrika in 1955.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Hutspot – Jan Rabie / Kannemeyer”