Die Historiese Monumente van Suid-Afrika – J. J. Oberholster

R180.00

Toestand: Goed. Bietjie papierverlies op stofomslag onderste hoek agter en bo-aan rug. Boek self skoon en netjies.
Formaat:
A4 Hardeband met stofomslag
Bladsye: 354
Uitgegee: 1972 (Kultuurstigting Rembrandt van Rijn)
ISBN: 0620001917

1 in stock

SKU: B863 Categories: , Tags: ,

Description

Die Historiese Monumente van Suid-Afrika – J. J. Oberholster

DIE HISTORIESE MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA bied ‘n omvattende en ryklik geillustreerde beeld van die meer as 370 historiese monumente van die Republiek — van die statige Tafelberg tot die bronsplaat by Punda Milia, wat een van die langste ritte wat ooit te perd in Suid-Afrika onderneem is, gedenk.

Dit dek die onlangse restourasiewerk in Onderstraat, Tulbagh, sowel as President Kruger se huis op die plaas Boekenhoutfontein aan die voet van die Magaliesberg. Dit beskryf die Fingo-melkhoutboom te Peddie en die grafte van die Zoeloe-konings in die Emakhosini-vallei; die gletserformasies by Nooitgedacht en die Vroeëre Steentydperk-nedersetting te Doornlaagte.

Sodoende het die skrywer en sy medewerkers ‘n waardevolle opgawe geboekstaaf oor die bydrae van die Historiese Monumentekommissie (nou die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede) in die afgelope 45 jaar tot die bewaring van ons kultuur en ons natuurskoon ‘n kleurvolle kaleidoskoop van die geskiedenis van Suid-Afrika, vasgeknoop aan die sigbare en tasbare nalatenskap van al die volkere van ons land. Die inleiding tot die boek is geskryf deur die Staatspresident, mnr. J. J. Fouché.

Die boek is nie net ‘n inligtingsbron oor ons monumente nie; dit is ook ‘n reisgids tot ons geskiedenis.

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Historiese Monumente van Suid-Afrika – J. J. Oberholster”