Half Boom, Half Mens – Bertrand Retief

R50.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 103
Uitgegee: 1986 (Van Schaik)
ISBN: 9780627014772

Out of stock

SKU: J731 Categories: , Tags: ,

Description

Half Boom, Half Mens – Bertrand Retief

Onder die groot ou kiaatboom in die middel van die mahango-landjie het Kallie op sy linkersy gelë, met sy linkerbeen onder en dit wat oor was van sy regterbeen bo-oor. Die klein anti-personeelmyntjie het alles weggevat tot net onder sy knie. Dit was die lelikste iets wat die korporaal ooit gesien het. ln die Dakota het die kolonel die jong man se blou-wit gesig dopgehou. Hy’t sy lippe sien beweeg. Die motore het gedreun en hy het afgebuig om beter te hoor. Hy kon die woorde net-net uitmaak: “Ons het altyd so Iekker saamgedans . . .”

Soos in sy vorige bundel grensverhale, Tweede prys is ‘n houtjas, bring Bertrand Retief met hierdie agtiental grensstories weer die voortslepende bosoorlog in die noorde van Suidwes tot binne-in ons huise. Al die stories is gegrond op werklike gebeurtenisse. Daar is dramaties-realistiese weergawes van spanningsvolle ondernemings, maar ook humoristiese stories oor rare voorvalle wat ‘n mens nooit aan die grens sou verwag nie.

Die skrywer vertel van stemmingsvolle ên rou oomblikke, maar skets ook die “klein”,storietjies in die lewe van ‘n gewone soldaat: sy verlange, sy stryd teen vrees en moeg, die kameraadskap van ‘n vriend wanneer dit saak maak. En in al die stories staan verhoudinge sentraal: verhoudinge tussen range, tussen soldate en hul families, tussen moediges en halfhartiges, tussen wit en swart.

In Half boom, half mens bewys Bertrand Retief weer sy natuurlike vertellertalent met stories uit ons tyd, in die taal van gewone troepies, oor ‘n oorlog wat niemand koud laat nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Half Boom, Half Mens – Bertrand Retief”