Goud vir die soeker – Piet Meiring

R55.00

Toestand: Goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Uitgegee: 1963 Eerste druk (Tafelberg)
Bladsye: 143 + fotoplate
ISBN:

1 in stock

SKU: GV576 Categories: , Tags: ,

Description

Piet Meiring het geen bekendstelling nodig nie. Die seun van wyle ds. P. G. J. Meiring, redakteur van Die Kerkbode, het koerantskrywer geword. By Die Burger het hy begin, toe na Die Volksblad gegaan en eindelik nuusredakteur van Die Transvaler geword.

Maar sy groot spore het hy aan die spits van Staatsinligting verdien – sy termyn was die langste tot dusver, sy probleme seker legio. Dit het mnr. Meiring eendag opgeval dat geen beter dertigjarige verjaarsdagpresent die Boshoffmyn-groep aangebied kan word dan om die klinkende suksesverhaal van dié Afrikaner-onderneming te skryf nie. Dié Willem Boshoffs, vader en seun, het eiehandig, sonder middele, met net die krag van hul hande, die geloof en oortuiging van hul harte en ‘n buitengewone toewyding, pligsbetragting en stale deursettingsvermoë ‘n Afrikaanse mynbou-onderneming opgebou waarop die land vandag groots is.

Hy vertel nugter maar met gloeiende geesdrif dié verhaal van die Boshoffs en hul mense.