God en die Gode van Egipte – Willie Esterhuyse

R65.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 256
Uitgegee: 2009 (Lux Verbi)
ISBN: 9780796305107

1 in stock

SKU: DE203 Categories: , , Tags: ,

Description

God en die Gode van Egipte – Willie Esterhuyse

“My begrip van God is gebore in die eenvoudige huis van Middelplaas neffens die Buffelsrivier en net onderkant die dorp Laingsburg …”

So begin emeritus-filosofieprofessor Willie Esterhuyse se verhaal oor sy lewens- en geloofsreis. Diê bekende professor, mentor van vele, en onder meer politieke fasiliteerder, vertel meevoerend hoe sy pad geloop het van naiewe skoolkind na teologie- en filosofiestudent, en later professor in etiek.

Langsamerhand het die universeel-menslike aard van godsdienstige en morele stories uit ander kulture (veral Egipte) hom begin fassineer: Waarom fokus so baie godsdienste se heilige tekste op sekere grondliggende temas, soos skepping, goed en kwaad, dood en onsterflikheid? het hy gewonder. En waarom sou sekere oersimbole — soos son, vuur, lig, slang, boom, tuin, seun van G/god, geregtigheid, verlossing, opstanding, hergeboorte — in al hierdie stories opduik? Was daar ‘n sirkulasie van idees? En kan die verhale oor die Egiptiese gode en die God van die Christene, en die wedervarings van sekere Bybelse figure in “Egipteland” ons help om sinvol, verantwoordelik, en met geregtigheid, te leef?

‘n Meesterlike verteller, ‘n eerlike denker, en die meesleurende verhale, feite en teorieë waaroor Esterhuyse hier skryf, maak van hierdie indringende boek ‘n lees- en lewenservaring soos min.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “God en die Gode van Egipte – Willie Esterhuyse”