Gister is ‘n Ver Land – Malene Breytenbach

R65.00

Toestand: Goed
Formaat:
Sagteband
Bladsye: 352
Uitgegee: 2009 (Tafelberg)
ISBN: 9780624047278

1 in stock

SKU: B446 Categories: , Tags: , ,

Description

Gister is ‘n Ver Land – Malene Breytenbach

“Dis vir ons die einde van die pad hier in Zimbabwe, my dear. Ons het gister die uitsettingsbevel gekry, die Section -8 brief, wat sê dat die plaas deur die regering oorgeneem word…”

Wanneer Maureen Sneddon Barnard die uitsettingsbevel in Zimbabwe kry, vertrek sy met haar waardevolste besitting, die bruin skooltassie met jare se dagboeke en koerantuitknipsels wat haar lewe in Afrika karteer: een van waagmoed, uithouvermoë en dapperheid, van drome, liefde en verlies.

Sy het Afrika leer ken in al sy grootsheid en sy skadukant. En sy weet: ons verblyf in Afrika is tydelik; die spore wat ons hier los, word in ‘n oogwink deur Afrika se winde weggewaai.